Eiendomsbelegging
Ten einde in eiendom te belê benodig ‘n mens heelwat tyd en geld, maar die tyd en geld hoef nie noodwendig jou eie te wees nie. Die eiendomsmark is tans taamlik aktief tussen R400,000 en R1.2 miljoen. Waar vind ‘n mens egter hierdie prys-klas huise?
Dit is hier waar Ernes Stander van Boerfin se MBA in “Eiendomsbelegging-konsep” inkom.
Die MBA-strategie identifiseer die volgende drie stappe waarvolgens ‘n mens ‘n beleggingseiendom by jou portefeulje kan plaas:
M
Motief – van die
gemotiveerde verkoper
Hoe gaan ‘n eiendomsbelegger te
werk om die beste winskopies op te spoor. Dit behels eerstens die ‘M’ van ‘MBA in Eiendomsbelegging’, naamlik die gemotiveerde verkoper se ‘Motief’…
B
Berekeninge
Maatstawwe moet in plek gestel word om meetbaarheid te verseker en te bepaal of ‘n mens inderwaarheid onder markwaarde
koop. Berekeninge moet egter nie bloot wit en swart somme, harde feite, behels nie…
A
Alternatiewe Befondsing
Die tradisionele opsie waarmee almal goed vertroud is, is ‘n lening van die bank.
Maar hoe gemaak as die bank, om welke rede ookal, nie aan ‘n mens ‘n lening wil toestaan nie?…
Eiendom is die een belegging waar ’n laer risiko, ’n hoër opbrengs kan bewerkstellig.
Die geheim tot ’n suksesvolle eiendomsbelegging is om onder markwaarde te koop. Dit verseker lae risiko, maar hoë opbrengs.
En, deur daardie eiendom dan uit te verhuur, betaal jou huurders op die einde van die dag vir jou aftrede!
Volgens algemene finansiële advies behoort ’n mens sowat 15% van jou maandelikse inkomste opsy te sit vir jou aftrede. Veelvuldige huurders betaal gemiddeld ’n derde van hul inkomste na die belegger se portefeulje in die vorm van huur.
Met ander woorde, jy kan 15% van jou inkomste wegsit vir aftrede of jy kan 10 huurders hê wat 33% van hulle maandelikse
inkomste plaas in jou aftrede portefeulje.
Die keuse is joune. Dit is nietemin steeds raadsaam om van ’n kundige op die gebied van eiendomsbelegging, soos Boerfin,
gebruik te maak om jou by te staan in jou soeke na eiendomme onder markwaarde in gegoede gebiede.

KONTAK ONS
Adres
520 Boeing Straat,
Elardus Park, Pretoria
Nommer
071 890 6371