Rekeningkundige
Dienste
01
Omvattende Maandelikse
Rekeningkundige Dienste:
Boerfin strewe daarna om die vaardighede, kennis en doeltreffendheid van professionele en geoktrooieerde rekenmeesters beskikbaar te stel vir klein en medium ondernemings wat voorheen nooit hierdie dienste kon bekostig nie.
02
Wolk-gebaseerde Outomatiserings-oplossings:
Wolk-gebaseerde produkte bied eindelose geleenthede. Ons kan jou help om op die geskikste rekeningkundige pakket vir jou besigheid te besluit, en lewer deurlopend tegniese bystand sodat jy die wolk gebaseerde rekeningkundige pakket ten volle kan benut.
03
Jaarlikse Finansiële State en
Verslagdoening:
As ’n geakkrediteerde rekenmeestersfirma bied Boerfin bystand aan verskeie besighede deur hul jaarlikse finansiële state op te trek volgens Internasionale Finansiële
Verslagdoeningstandaarde (IFRS).
04
Betaalstaat- en
WVF-dienste:
Met Boerfin-kenners aan jou sy, kan jy verseker wees dat al jou werknemers se salarispakkette en Werkloosheidversekering (WVF) gestruktureer is ten einde werknemerretensie te verhoog en hulpbronne te besnoei.

05
Individuele Belastingopgawes:
Ons bied persoonlike en professionele diens in die berekening en indiening van jou individuele belastingopgawes, voorlopige opgawes en lewer kundige advies ten opsigte van alle individuele belastingaangeleenthede.
06
Optop na
Rekenmeester:
Verkry toegang tot ’n gekwalifi-seerde Geoktrooieerde Rekenmeester (SA) om jou en jou boekhouer van advies te voorsien ten einde maatskappy nakoming en behoorlike rekeningkundige praktyk te verseker.
07
Skuld onderhandelinge met SAID:
Bevind jy jouself dalk in die skuld by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens? Boerfin se kundige rekenmeesters is byderhand om jou by te staan in die onderhandeling en strukturering van jou terugbetalings.

Kontak Ons
Los vir ons n boodskap en help jou besigheid groei
Adres
520 Boeing Straat,
Elardus Park, Pretoria
Nommer
071 890 6371