Finansiële Dienste en Versekering

Boerfin is bevoeg om bystand te verleen en sleuteldraai-oplossings te verskaf aan Boere
en Afrikaanssprekende entrepreneurs deur ’n
hele spektrum van versekerings- en finansiële diensprodukte.

LANGTERMYNVERSEKERING

Lewensversekering

Die lewe loop soms onvoorspelbare draaie met ’n mens,
en Boerfin se holistiese finansiële beplanning streef
daarna om alle uitkomste aan te spreek.

Juis daarom bevat ons waterdigte finansiële plan ook Lewensversekering.

Deur die toepassing van ons ongeëwenaarde sektor-insigte, bewese kundigheid en oorleg, werk ons nou
saam met kliënte om hul besighede te beskerm en hul risikoprofiel te verbeter.

Dood en Ongeskiktheid:

In vandag se moderne samelewing beleef ons ongekende vordering wat tegnologie betref. Net so in die mediese veld. Vooruitgang in mediese navorsing het ’n situasie geskep waar dit 40 keer meer waarskynlik is dat ’n mens tydelik gestremd eerder as permanent gestremd sal raak.

By Boerfin maak ons erns met finansiële beplanning, en neem ons verskeie faktore in ag, wat ons in staat stel om ’n waterdigte plan aan jou te bied, sodat jy nie finansieel behoeftig gelaat word in geval van ’n onvoorsiene gebeurtenis nie.

Ernstige Siekte-dekking:

Indien jy kanker of enige ander ernstige kwaal opdoen, kan ons
vir jou help om dit te beveg met ’n belastingvrye uitbetaling.
Meer mense word deesdae met kanker en ander ernstige toestande gediagnoseer as ooit vantevore. Met die regte ondersteuning, kan meer mense egter terugveg.

Indien jy gediagnoseer word met ’n ernstige siekte, kan Ernstige Siekte- dekking help om potensiële uitgawes, soos die indiensneming van ’n versorger, die koste van behandeling wat
nie gedek word deur mediese fonds of gapingsdekking nie, en aanpassings aan jou leefstyl, te dek.

AFTREEBEBLANNING

Spaar vir jou Aftrede:

Aftrede mag miskien vir jou klink soos ’n fase in jou lewe wat more se probleem is, vernaam as jy nog jonger as 30 of selfs 40 jaar is. Om te belê in jou toekoms is egter ’n besluit wat nooit té laat is nie, maar hoe gaan jy te werk daarmee?
By Boerfin lewer ons stap-vir-stap bystand en professionele advies, wat jou in staat stel om beheer te neem oor jou finansiële toekoms en jou welverdiende aftrede eendag te geniet.

Inkomste-Strategie by Aftrede:

Jy het jou hele lewe lank gewerk en jou swaar verdiende geld gespaar vir jou goue jare. Sodra jy egter aftree, word die bestuur van jou finansies oombliklik meer ingewikkeld.
Jy verdien nie meer soveel geld, indien enige, deur te werk nie,
en dit is hier waar Boerfin jou kan help met jou nuwe doelwit.
Ons bied deeglike finansiële strategieë om jou van ’n bestendige, voorspelbare inkomste te voorsien regdeur jou aftrede.

Beplanning:

Omvattende Boedelbeplanning
en Testamente:

Ons sal jou bystaan met die opstel van
jou testament en trustakte; jou testament veilig bewaar en optree as eksekuteur
van jou boedel en kurator van jou trust.
Boerfin Trust bied deskundige bestuur van bestorwe, solvente boedels, sowel
as lewende en testamentêre trusts.

Testamente:

’n Testament bied besonderhede met betrekking tot hoe jou bates verdeel moet word na jou afsterwe. Dit verleen gemoedsrus.

Trusts:

’n Trust bied ’n doeltreffende manier om te verseker dat jou bates deur die regte mense bewaar en bestuur word.

Voogtrust:

Verkry die nodige gemoedsrus dat jou kinders die begunstigdes van jou lewenspolisopbrengste sal wees, volgens jou bepaalde riglyne.

Begunstigde-fonds:

Indien jy die ouer van ’n minderjarige is, is dit beslis die moeite werd om ’n begunstigde-fonds in jou finansiële beplanning te inkorporeer.

Boedeladministrasie:

Met die onvoorsiene afsterwe van ’n geliefde, is dit belangrik dat die besonderhede van hul boedel behoorlik verwerk word.

Korttermynversekering

Boerfin se korttermyn-risikobestuur oplossings is ontwikkel vanuit diepgaande kennis van die sektor, ’n toekoms-pas fokus en
verbintenis tot uitnemende diens.

Ons bied dekking vir ’n verskeidenheid van risiko’s en uitdagings
wat die plaaslike landbousektor in die gesig staar.
Ons professionele span is gerat om pasgemaakte oplossings vir
Suid-Afrikaanse boere te lewer.

ONS BIED:

Kommersieël

Kommersiële en persoonlike boerdery-versekeringsoplossings in een gerieflike pakket

Wysheid en Insig

’n Verkoops- en onderskrywerspan met uitgebreide vaardighede en kundigheid

Stewige Teenwoordigheid

’n Stewige teenwoordigheid regoor Suid-Afrika, met plaaslike insigte wat aan makelaars- en kliënte-behoeftes kan voldoen

Top Klas Span

’n Span van risikobestuur-spesialiste wat leiding kan verskaf.

Gebied van kundigheid:

Landbou en Agri

Kommersieel

Persoonlik

Voertuie

’n Onvoorsiene voertuignoodgeval kan ’n beduidende impak hê op die lewensbestaan en alledaagse lewe van jou gesin.
Waarborg jou voertuie teen enige potensiële motorversekerings- of padrisiko om te verseker dat jou wiele aanhou rol, ongeag van wat oor jou pad mag kom.

Huisinhoud

Dit is dikwels ’n pynlike ervaring wanneer ’n mens besef hoe maklik jy die waarde van jou huisinhoud onderskat. Jou finansiële raadgewer sal ’n volledige waardasie van jou huisinhoud aanbeveel om te bepaal of jou waardevolle items en bates genoegsame dekking geniet, gebaseer op hul ware vervangingswaarde.

Geboue

Jou huis is waarskynlik jou waardevolste bate. Tog, is dit blootgestel aan tallose alledaagse risiko’s, wat meestal buite jou beheer is.
Jou finansiële plan behoort omvattende geboueversekering te bevat, om te waarborg dat jou huis voldoende verseker is volgens die vervangings- of herbouwaarde.

Alle Risiko

’n Mens kan onmoontlik elke dag ál jou waardevolle items toesluit in ’n veilige plek. Alle risiko-dekking sal verseker dat jou persoonlike besittings, soos skootrekenaars, sporttoerusting, klere en ander gespesifiseerde duur leefstylitems, voldoende verseker is elke keer wanneer jy die huis verlaat.

“Moet nooit op ’n enkele inkomste staatmaak nie.
Maak beleggings om ’n tweede bron te skep.”

– Warren Buffet

Fondse en Beleggings


ONS KERNFONDSE

Boerfin fokus op die behoeftes van beleggers, deur voldoende opsies sonder komplikasies te bied.

1. Inkomste

Om te belê vir inkomste is ’n primêre fokus. Sommige beleggers mag ook verkies om ’n
komponent van kapitale groei te geniet terwyl inkomste gegenereer word. Derhalwe bied ons fondse oor ’n spektrum om jou inkomste behoeftes te balanseer.

2. Stabiele Groei

Kapitale groei mag ’n belangrike doelwit wees, maar van ewe veel belang is die beskerming van daardie kapitaal en/of stabiliteit van beleggingsopbrengste. Jou beleggingsdoel is waarskynlik medium tot langtermyn. Ons beskik oor ’n fonds wat fokus op die bestuur van nadelige risiko wat kapitale groei bewerkstellig. Nog ’n fonds bied ’n balans tussen inkomste en groei om die behoefte aan stabiliteit en sekerheid in lyn te bring.

3. Groei

Kapitale groei is jou primêre doel en jy sal waarskynlik ’n langtermyn beleggingsdoelwit vir jouself stel. Jy behoort ook daarop ingestel te wees om onstuimige markte die hoof te bied, gegewe jou fokus op die langtermyn uitkoms. Fondse in hierdie kategorie sal tipies ’n hoër persentasie toewys aan ekwiteitsaandele, plaaslik sowel as oorsee.

4. Buitelandse Beleggings

Die diversifisering van ’n plaaslike portefeulje om buitelandse bates in te sluit is belangrik om risiko te bestuur en geleenthede uit te brei ten einde jou beleggingsdoelwit te bereik. Ons
buitelandse fondse sluit in vaste inkomste, gebalanseerde en ekwiteitsfondse wat in ander markte belê en moontlikhede vir wyer blootstelling bied om in jou portefeulje-behoeftes te voorsien.

ONS OPLOSSINGS

 

Of jy jou kapitaal wil groei of beskerm, of dalk ’n inkomste wil
trek uit jou belegging, Boerfin
het dié oplossing vir jou.

01

Belastingvrye Beleggings

’n Eenvoudige spaaroplossing met geen belasting wat gehef word op rente, dividende of kapitaalwins nie.

02

Belê met die oog op uittrede

Belê in ’n eenvoudige, deursigtige en koste-effektiewe oplossing om jou te help spaar vir jou uittrede.

03

Effektetrust-Beleggings

’n Eenvoudige en maklike manier om ’n inkomste te groei, te beskerm en te verdien uit jou spaargeld, deur geld te belê in ’n effektetrust, in ruil vir effekte.

Finansiering:

“Van trekker tot dier, ons kan dit finansier.”

Boerfin het n groot verskeidenheid van privaat finansierings maatskappye asook groot banke wat tot ons beskiking is.

Finansiering sluit in Lenings, Batefinansiering, Agri finansiering, Besigheidsfinansiering en vele meer.

Besigheidsversekering:

Besigheids Dienste vir Entrepreneurs en Besigheidseienaars

Koop- en verkoopversekering

Jy en jou sakevennote behoort jul uiteindelike uitgang uit die besigheid net so sorgvuldig te beplan, soos wat jy jou toetrede tot die besigheid beplan het.

As ’n vennoot tot sterwe kom of gestremd raak, moet dit moontlik wees vir die oorblywende vennote om die aandele van oorlede of gestremde vennoot te kan koop. Dit sal voorkom dat iemand wat nie die keuse van die oorblywende vennote is nie, inkoop in die besigheid, en die familie van die oorledene of gestremde vennoot in staat stel om sy/haar aandele te verkoop.

Sleutelpersoonversekering

Dit word algemeen aanvaar dat die belangrikste bate van enige besigheid sy mense is. Die voortgesette winsgewendheid en volhoubaarheid, en gevolglik die kapitaalwaarde van die besigheid, is grotendeels afhanklik van die insette van die sleutelwerknemers in die onderneming. Die verlies van ’n sleutelpersoon is derhalwe ’n beduidende risiko vir die besigheid.

Sleutelpersoonversekering is ’n eenvoudige, koste-effektiewe oplossing wat finansiële sekuriteit en sekerheid bied in die geval van die dood of gestremdheid van ’n sleutelpersoon. Die besigheid kan ’n polis uitneem op die lewe van ’n sleutelpersoon om die onderneming te dek teen die duur vervangingskoste, of om die besigheid te dek teen ’n moontlike verlies.

Voorwaardelike aanspreeklikheidsbeskerming

In heelwat gevalle waar jou besigheid geld leen, sal die finansierder van jou verwag om borg te teken vir die besigheidslening. Indien jy tot sterwe kom, mag die finansierder aandring op terugbetaling van die lening uit die bestorwe boedel. Dit kan ernstige gevolge inhou vir jou afhanklikes.

Om dit te voorkom, kan die besigheid lewensdekking op jou lewe uitneem. Die uitbetaling van die lewensversekeringspolis word dan aangewend om die lening aan die bank terug te betaal, sou jy tot sterwe kom.

Kontak Ons

Los vir ons n boodskap en belê vandag in jou toekoms

Adres

520 Boeing Straat,
Elardus Park, Pretoria

Nommer

071 890 6371

Volg Ons