Regsdienste

Regsdienste is onontbeerlik vir die gladde funksionering van enige besigheid, insluitende boerdery.
GAAN TUISKONTAK ONS

Deur saam te werk met regskenners verleen aan ’n mens die nodige selfvertroue en versekering dat jy reg te werk gaan.

Indien iets wel skeefloop, het jy ook die versekering dat jy die bes moontlike regsadvies sal ontvang.
Boerfin beskik oor ’n paneel van regskenners om jou met enige regskwessie wat jou besigheid of boerdery moontlik kan ervaar, by te staan. Ons glo in ‘Voorkomende Reg’, en ons sleutel tot sukses lê daarin dat die koste daarvan om basiese regsprobleme op te los soms tot 20 keer duurder kan wees as om dinge reg te doen van die begin af.
Ons doelwit is om die kliënte se risiko en blootstelling aan geldelike verlies, onnodige regskostes en reputasieskade te verlaag.
Ons regspan is deurgaans betrokke met kommersiële, nakoming, kredietkontrole, arbeid, skuldinvordering en verskeie ander litigiese kwessies.

In vandag se hoogs gereguleerde sake-omgewing, met gereelde wetswysigings wat ’n beduidende impak het op hofuitsprake, kan niemand meer op eie houtjie klaarkom in besigheid nie.
Ons verseker dat ons kliënte alles in hulle vermoë doen om risiko’s wat binne hul beheer is tot ’n minimum te beperk en situasies te vermy wat kan lei tot ’n regsgeding of regulatoriese vervolging.
Boerfin se gespesialiseerde span kan voorts ook sake- en trustrekeningkunde hanteer, om te verseker dat jou trustintegriteit gehandhaaf word. Ons bied weeklikse of maandelikse sake- en trustaanpassings, met verslae terug na regspraktisyns.

ONS DIENSTE

Die Regsdienste wat ons aanbied, sluit die volgende areas van kundigheid in:

Korporatiewe Reg

Kredietreg

Vebruikersreg

Arbeidsreg

Kontraktereg

Litigasie

Kontak Ons

Adres

520 Boeing Straat,
Elardus Park, Pretoria

Nommer

071 890 6371

Volg Ons